Dana se Vrede is vernoem na Danie van Rooyen, Pa ,Oupa en sommer almal se rots in die omgewing. As jy iets wil weet of iets kort dan gaan jy net na ou Dana toe. Hy is my rots en my vrede en dit was net natuurlik om hierdie kamp grond na hom te vernoem. Kom ervaar die rustigheid en vrede by ons kamp grond teen die voet van die berg met die Keurbooms rivier wat in kronkel draaie voor jou verby loop.
Die oorspronklike idee was om ʼn klein, basiese kamp te maak met ʼn braai en net die nodige toilet en fasiliteite, ʼn plek waar jy net ʼn slag kan asemhaal en bietjie rus vind in die gejaagde lewe van vandag. Ons het begin en het ʼn paar klein groepies en paartjies gehad wat kom kamp het. Die woord het vinnig versprei en mense het begin navraag doen en toe het die storie net vlam gevat.
God werk op wonderlike maniere en Waypoint Adventures op my pad gebring wat hulle toer groepe by ons laat oornag om die sielevrede langs die kronkelende Keurbooms Rivier in te drink….
Dana se Vrede kamp grond is groot genoeg vir 15 voertuie.
Ons Fasiliteite sluit in:
Neem asseblief kennis dat kamp groepe vooraf gereël word.
Ons sien uit daarna om ons stukkie Hemel met elkeen van julle te deel.